Online Bybel DeLuxe CD-ROM
Online Bybel DeLuxe CD-ROMDie Online Bybel CD-ROM Afrikaans is dié Bybelprogrammatuur-program vir diegene wat werklik geïnteresseerd is in die Bybel, teoloë of nie. Die Online Bybel CD-ROM bevat 'n goudmyn van Bybels (meer as 60), kommentare, Griekse en Hebreeuse woordstudies, Bybelwoordeboeke, Bybelatlasse en ander naslaanwerke. Die werke van die geskiedenis se beste Christendenkers is op hierdie CD-ROM om u te help om die Bybel te verstaan en om u geloof te bou.

Die versameling gedrukte Bybels en boeke op die Online Bible DeLuxe CD-ROM het 'n waarde van oor die € 3500,-. Sommige van die boeke is moeilik verkrygbaar en ander naslaanwerke word nooit in gedrukte vorm gepubliseer nie

Die kragtige soekfasiliteite speur die presiese ligging van 'n woord of uitdrukking in 'n Bybel of 'n boek na. Meer as 660 000 kruisverwysings, gebasseer op die Treasury of Scripture Knowledge, help u om Skrif met Skrif te vergelyk.

Gebruikersvriendelik

Die Online Bybel CD-ROM maak gebruik van die nuutste programmatuur-tegnologie om u sodoende direkte toegang te gee tot die inligting waarna u soek. Bybels, kommentare, woordeboeke, leksikons en aktuele artikels is net 'n muis-kliek ver.

Vanuit elke venster kan u die belangrikste funksies bereik met behulp van u muis. Beweeg slegs u wyser ("cursor") na die betrokke kommentaar en dit sal op die skerm vertoon word.

Meer inligting oor persone, stede en Bybelse terminologie is direk beskikbaar uit die Bybelwoordeboeke. Dubbelkliek net met u muis op die woord wat op die skerm vertoon word, en die informasie sal in 'n nuwe venster vertoon word.

Kragtig vir studie

Die kragtige soekfasiliteite (konkordansie) spoor die presiese ligging van 'n woord of uitdrukking in die Bybel op. U kan verskillende Bybelweergawes (vertalings) op u skerm vergelyk. Rol ("scroll") gesamentlik deur 'n Bybel en 'n kommentaar van u keuse. Vertoon of druk Bybelkaarte. Bestudeer boeke oor verskeie onderwerpe of lees preke.

Grondige studie

Die Online Bible DeLuxe CD-ROM bevat inligting oor die Griekse en Hebreeuse uitgawes van die Bybel. Die Geoutoriseerde Weergawe, Luther 1912, Louis Segond 1910 en Statenvertaling is gekoppel met Strongs nommers. Hierdie nommers verleen direkte toegang tot leksikons wat die betekenis van die Griekse en Hebreeuse woorde verskaf.

Natuurlyk is ook die Bybel in Afrikaans (1953) op de CD ROM aanwezig. Evenals ook die drie formulieren. Bij bestelling op dit tuisblad wordt ook een ontsluitcode voor de Bybel Afrikaans (1983) meegeleverd. Daarnaast ook 12 Engelse Bybels, w.o. NKJV en The Message.

Verskeie Bybelwoordeboeke gee grondige informasie oor die betekenis en agtergrond van Bybelse woorde.

Bybelweergawes kan interlineêr met die Griekse of Hebreeuse teks vertoon word. Beide die Latynse Vulgaat en die Septuagint is beskikbaar.

Die Online Bible DeLuxe CD-ROM word voorsien met Griekse en Hebreeuse lettertipes.

CD-Inhoud

Stelselvereistes
Rekenaar met Windows 98, ME, NT, 2000, XP of Vista, CD/DVD-aandrywer, aanbevole skermresolusie 800x600, muis.

De Online Bybel CD ROM Afrikaans wordt geleverd voor € 29,95 (= Rand 235) en € 2,95 verzendkosten.