Kontak met Online Bybel Europa

Online Bybel Europa het 'n klein kantoor in Nederland. Die personeel is selfs kleiner. Die aantal Online Bybel benutters is groot. Baie gebruikers beteken baie mense met vrae, behoeftes, idees, voorstelle, ens.

Om almal ten beste te bedien, binne die beperkinge van 'n klein personeel en 'n klein begroting, neem asseblief die volgende riglyne en voorstelle in ag. Dit sal u, ander en ons help:

Kontak op die regte manier deur die regte kanaal

Om 'n Online Bybel produk te bestel

U kan deur die Online Bybel winkel bestel. Ons gebruik die verkoopstelsel van ons grootste borg Importantia Publishing. Indien u enige vrae het met betrekking tot 'n bestelling, vul asseblief die bestellingsnavraagvorm in en stuur dit aam ons.

Ondersteuning: Vrae insake installering of gebruik van Online Bybel

Vir ondersteuning het ons 'n spesiale beleid: More on support. U kan snuffel in die KWELVRAE FAQ, vir 'n opdrag insake installering , of 'n voorstel maak vir 'n nuwe vraag van die KWELVRAE FAQ.

Oor die Afrikaanse tuisblad

Hierdie tuisblad word vertaal deur vrywilligers. Indien u in die Afrikaanse blaaie Nederlandse of Engelse teks sien, kan u dit na u woordverwerker kopieër, met daaronder die korrekte vertaling. Meld daarby ook die bladnaam. Stuur dit aan my by peter-intern@onlinebible.org en ek sal sorg dat die teks reggestel word. Ons kan Afrikaans, Hollands, Engels en Duits lees, maar kan net in Hollands en Engels skryf.