Online Bybel Beginpakket

Die Online Bybel Beginpakket bevat 'n program om die Bybel op 'n effektiewe wyse te bestudeer. Hierdie kragtige en vinnige moontlikhede verwag 'n mens nie in 'n gratis program nie. Daar is geen beperking op u gebruik nie. Nadat u dit afgelaai het, besit u 'n pakket van groot waarde, sowel as wat inhoud sowel as moontlikhede betref.

  • Volledige weergawe van die Online Bybel sagteware. Dit is nie 'n "Demo" of "Light" weergawe nie.
  • Volledige bybelteks uit die
    - Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)
    - 660,000 teksverwysings by die Bybel
Wat kan u doen met die Online Bybel Beginpakket?
  • Soek, lees en studeer in die Bybel.
  • Bybelgedeeltes vergelyk.
  • Die teksverwysings raadpleeg om meer insig te verkry. U vergelyk Skrif met Skrif.
  • U eie aantekeninge, boeke, kommentare, leksikons en verslyste maak.
  • U studies deurgee aan vriende en bekendes.
  • U eie prente, geluide en videomateriaal toevoeg tot u aantekeninge.
  • 'n Drukstuk maak van die Bybelteks, kantaantekeninge of u studies.
  • Verskillende lettertipes gebruik.
en ...

omdat die Beginpakket werk op die Online Bybel sagteware kan dit uitgebrei word met meer bybelvertalings (o.a. Afrikaans 1983) en naslaanwerke in Afrikaans, Engels, Nederlands en andere tale.
Bovendien bevat die Online Bybel alle gereedskap om u eie modules op basis van bybels, commentare, woordeboeke en boeke te ontwikkel.

Sisteemvereiste:
PC met Windows 98 (SR2), ME, 2000, XP of Vista
Voor gebruik onder Windows 98 (SR1) moet u eers 'n Windows-help aanpassing installeer. Meer informasie is beskikbaar by die installasie instruksies.

Installasie
Lees die Installasie instruksies.

ALGEMEEN - Hierdie tuisblad word deur vrywilligers vertaal. 'n Vriendelike versoek: Indien u in die Afrikaanse blaaie Nederlandse of Engelse teks sien, kan u dit na u woordverwerker kopieër, met daaronder die korrekte vertaling. Vermeld daarby ook die bladnaam. Stuur dit aan my by peter-intern@onlinebible.org en ek sal sorg dat die teks gekorrigeer word.

Peter F. van der Schelde

Aflaai
Aflaai

Ontvang die Online Bybel Nuusbrief:
Eenmaal per maand nuus oor die Online Bybel die bybel op die rekenaar. Steeds die laatste nuus oor die Online Bybel sagteware, informasie oor nuwe downloads in die biblioteek en gebruikerswenke van kundiges.

Teken hier in op die Online Bybel Nuusbrief. U ontvang die Engelse nuusbrief en daarby addisionele nuus oor die ontwikkeling in Afrikaans.